JESUS ARMY
JESUS CENTRES
MULTIPLY NETWORK
CHRISTIAN COMMUNITY
FACEBOOK
FLICKR PHOTOS
FOLLOW ON TWITTER
THE MJA BLOG
JESUS ARMY MULTILINGUAL ONLINE BIBLE
Afrikaans

Choose a Bible
Select book or range
Type your search text here

Ignore case
Highlight
Exact phrase Ignore Word Order Any words
Chapter

Afrikaans, Maleagi 4 (Malachi 4)

1   Want kyk, die dag kom, en dit brand soos 'n oond. Dan sal al die vermeteles en almal wat goddeloosheid bedrywe, 'n stoppel wees; en die dag wat kom, sal hulle aan die brand steek, sê die HERE van die leërskare; sodat dit vir hulle geen wortel of tak sal oorlaat nie.

2   Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal.

3   En julle sal die goddelose vertrap, want hulle sal soos stof wees onder julle voetsole op die dag wat Ek skep, sê die HERE van die leërskare.

4   Dink aan die wet van Moses, my kneg, wat Ek hom beveel het op Horeb vir die hele Israel--insettinge en verordeninge.

5   Kyk, Ek stuur julle die profeet Elía voordat die groot en vreeslike dag van die HERE aanbreek.

6   En hy sal die hart van die vaders terugbring tot die kinders, en die hart van die kinders tot hulle vaders, sodat Ek nie hoef te kom en die land met die banvloek tref nie.


Maleagi 3
   (Malachi 3)  
 Choose Book & Chapter    Mattheus 1
(Matthew 1)   

Afrikaans is spoken by 6,385,000 people: 6,200,000 in South Africa, 146,000 in Namibia, 20,000 in Botswana, 19,000 elsewhere.

Afrikaans Bybel, © 1933, 1953, Bybelgenootskap van Suid Afrika. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa, strictly for non-commercial use with BibleDatabase software. Please consider making a contribution to them to help fund their continuing efforts in Bible translation.


Licensed to Jesus Army. All Rights reserved. (Script Ver 2.0.2)
© 2002-2012. Powered by BibleDatabase with enhancements from the Jesus Army